Mercedes-Benz G-klas

Moderne Mercedes-Benz W463 G 350 BlueTEC

Die Mercedes-Benz G-Klas, soms genoem G-Wagen (afkorting vir Geländewagen, "oorlandvoertuig"), is 'n middel-grootte vierwieldryf luukse SNV wat sedert 1979 vervaardig word deur Magna Steyr (voorheen Steyr-Daimler-Puch) in Graz, Oostenryk en bemark en verkoop word deur Mercedes-Benz. In sekere markte is dit verkoop onder die Puch naam as die Puch G. Die G-wagen word gekenmerk deur sy bonkige stilering en kas-op-raam konstruksie. Dit maak gebruik van drie tenvolle-sluitewenaars, een van die min voertuie om oor so 'n funksie te beskik. Ten spyte van die bekendstelling van 'n plaasvervanger, die eenheidsbak SNV Mercedes-Benz GL-klas in 2006, is die G-Klas nog steeds in produksie en bly een van die langsgeproduseerde Mercedes-Benz'e in Daimler se geskiedenis, met 'n leeftyd van langer as 35 jaar. Slegs die Unimog oortref dit.[1]

  1. "Mercedes-Benz G-Class to be produced till 2020". MSN Arabia (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2012. Besoek op 7 Augustus 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search